Het God van my geweet toe ek een nag siek met koors en ’n kopseer ’n rit van 160 km na my tuisdorp aangepak het? “Here,” het ek gebid, “ek weet U is met my, maar ek is in pyn!”

Moeg en swak het ek langs die pad naby ’n klein dorpie stilgehou. Tien minute later het ek ’n stem hoor sê: “Hallo! Het jy hulp nodig?” Dit was ’n man en sy vriende. Hulle teenwoordigheid het my goed laat voel. Ek was verras toe ek die naam van die dorpie hoor: Naa mi n’yala (“Die Koning weet van my!”) Ek het dikwels by hierdie dorpie verby gery. Hierdie keer het die Here die dorpie se naam gebruik om my daaraan te herinner dat Hy, die Koning, voorwaar met my was terwyl ek alleen in my siekte toestand op daardie pad was. Nou bemoedig, het ek aangedruk na die naaste kliniek.

God ken ons soos wat ons ons dagtake verrig, ongeag die plek, omstandighede of toestand (Psalm 139:1–4, 7–12). Hy laat ons nooit in die steek nie. Hy vergeet ons nie. Hy is nooit so besig dat Hy ons versaak nie. Selfs al is ons in die moeilikheid of verkeer ons in moeilike omstandghede – “duisternis” en “nag” (vv. 11–12) – ons kan altyd van Sy teenwoordigheid verseker wees. Hierdie waarheid gee aan ons soveel hoop en sekerheid dat ons nie anders kan nie as om Hom wat ons met sorg geskep het en deur die lewe lei, te prys (vs. 14).