My lessenaar staan naby ’n venster wat oopmaak na ons buurt. Vanaf daardie uitkykpunt is ek bevoorreg om die
voëls, wat in die nabye bome sit, te sien. Sommige kom na die venster om insekte wat vasgevang word in die skerm, te eet. Die voëls gaan hul onmiddellike omgewing na vir enige gevaar, terwyl hulle aandagtig luister.
Eers as hulle tevrede is dat daar geen gevaar is nie, sal hulle kom sit om te eet. Selfs dan, sal hulle aanhoudend ophou om eers die gebied te bekyk. Die oplettendheid van voëls herinner my dat die Bybel ons leer om as Christene waaksaam te wees. Ons wêreld is vol versoekings, en ons moet voortdurend waaksaam wees en nie van die gevare vergeet nie. Soos Adam en Eva, raak ons maklik verstrengel in aantreklikhede wat die dinge van dié wêreld laat lyk na wat “goed is om te eet en mooi om na te kyk en begeerlik omdat dit kennis kan gee” (GEN. 3:6).
“Wees waaksaam,” vermaan Paulus, “staan vas in die geloof” (1 KOR. 16:13). En Petrus waarsku: “Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind” (1 PET. 5:8). Terwyl ons vir ons eie daaglikse brood werk, is ons bewus van dinge wat ons kan vernietig? Is ons op die uitkyk vir ’n tikkie selfvertroue of eiesinnigheid wat ons dalk kan laat wens ons het eerder ons God vertrou?