My foon piep met ’n nuwe boodskap. My dogter vra my ouma se resep van ’n pepermentroomystert. Terwyl ek deur die vergeelde kaarte blaai in my afgeleefde reseptehouer, sien ek die uitsonderlike skrif van my ouma – en verskeie nota’s in die fyn kursief van my ma. Dit val my op dat hierdie resep die vierde geslag van my familie sal betree.

Ek wonder, Watter ander familie-erfstukke word dalk van geslag na geslag oorgedra? Wat van keuses rondom geloof? Behalwe die tert, sal die geloof van my en my [groot]ouma’n rol speel in die lewe van my dogter en haar nasate? 

In Psalm 79 betreur die skrywer ’n opstandige Israel waarvan die geloofsanker verloor het. Hy smeek God om Sy volk te red van die goddelose en Jerusalem te herstel in veiligheid. As dit gedoen is belowe hy ’n herstelde – en voortgaande – verbintenis aan God se weë. “Ons, u volk en u kudde, sal U altyd loof, van geslag tot geslag sal ons van u roemryke dade vertel” (vs. 13).

Ek het die resep met oorgawe gedeel, met die wete dat my ouma se tertresep ’n nuwe geslag in ons familie betree. En ek het ernstig gebid vir die mees ewigdurende nalatenskap van alles: die invloed van ons familie se geloof van een geslag na die volgende.