Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by David H. Roper

Niemand het onthou nie!

In ’n kommentaar oor Prediker 9:15 het Martin Luther vertel van Themistocles, die soldaat en staatsman wat die Atheense leërmag gelei het. Deur sy strategie het hy die Slag van Salamis gewen, die Persiese leër van Griekse bodem verjaag en sy stad, Athene, gered. ’n Paar jaar later het hy egter in onguns geraak en is hy deur sy volksgenote…

Reik my die hand

Onlangs was ek besig om saam met ’n paar vriende vis te vang. Ongelukkig beland ek toe in ’n stroom wat te sterk was vir my ou bene. Ek moes van beter geweet het, want dis ’n welbekende feit dat strome soms te sterk kan wees en jy in probleme kan beland. Ek het paniekerig geraak en besef ek is…

Laat God kies

Ons, elkeen het miskien innige begeertes – waarvan niemand anders bewus is nie – miskien om te trou of om ’n spesifieke bediening te hanteer of op ’n spesiale plek te dien. Ons moet elke begeerte in God se hande plaas en ernstig bid. “Here, U moet vir my kies. Ek sal nie self ’n keuse uitoefen nie.” Genesis 13:10-11…

Om sy Naam ontwil

Die Israeliete het destyds in Gilgal byeengekom om hulle eerste koning, Saul, as koning te kroon (1 Samuel 11:15). Die Here was nie ingenome met die volk se besluit om ’n koning te vra nie, nogtans het Samuel hierdie woorde uitgespreek: “Ter wille van sy groot Naam sal die Here nie sy volk prysgee nie. Die Here het besluit om…

Die geheime vertrek

Daar is mense wat diepe behoeftes het, baie, baie diep. Die digter Alfred Tennyson, het geskryf: “Nooit het die oggend aand geword, of iewers is daar iemand wie se hart gebreek het.” Somtyds verkeer ons in gesprek met vriende wat deur diepe beproewinge gaan en dan voel dit vir ons asof ons nie weet wat om vir hulle te sê…

egte Skoonheid

Soms wanneer ek by die winkelsentrum in die tou staan om my rekening te vereffen, kyk ek na die voorblaaie van tydskrifte wat daar uitgestal word. Dit lyk vir my as die inhoud nie oor seks of geld gaan nie, dan handel dit oor dieët, fiksheid, gesondheid en uiterlike skoonheid. Tragies om te sê, maar daar is niks vir die…

God Se genadegawes

“Minder as die minste van God se gunsbewyse” was die woorde wat die 17de eeuse Engelse digter en prediker, George Herbert, op sy seëlring laat aanbring het. Hy het al sy briewe en geskrifte so onderteken. Jakob het woorde met min of meer hierdie betekenis uitgespreek toe hy God se goedheid ten spyte van sy eie sonde en skande oordink…

“korttermyners”

Baie jare gelede het ek ook in die Weermag diens gedoen. Ek is nog altyd dankbaar dat ek my land so kon dien. Maar ek moet erken die tyd wat ek die beste onthou en die meeste geniet het, was toe ek ’n “korttermyner” was. “Korttermyners” is soldate wat nog slegs ’n paar weke oor het voordat hulle uit die…

ryk ten opsigte Van god

Ek hou gereeld die aandelebeurs en die mark dop en reflekteer dan oor die effek wat vrees en gierigheid op die mens uitoefen. Gedurende 1980 het ’n karakter in ’n rolprent die volgende filosofie gehuldig: “Gierigheid, by gebrek aan ’n beter woord, is goed. Dis reg! Gierigheid werk! ... Gierigheid sal die VSA red!” Watter dwase denke! Ek dink onwillekeurig…

Soos ’n Boom

Gedurende die stilte van my laaste lewensjare wil ek graag kyk hoe ’n boom groei – ’n berkeboom wat ek 30 jaar gelede geplant het. Dit staan nou daar, uitgegroei, net buitekant ons venster – pragtig, elke seisoen van die jaar. So is dit ook met ons geestelike pogings gesteld: Ons het miskien gewroeg, gebid en geworstel oor die plantjies…