Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by David H. Roper

die krygsmagte van god

Toe ons kleindogter, Julia, nog baie klein was, het ons by geleentheid ’n rit oor die Idaho berge onderneem. Na afloop van die “avontuur” het sy en haar Nana oor die avontuur gesels. “Ek was nie bekommerd nie” het Nana gesê “want ek dink Papa het ’n engel wat hom beskerm.” “Ek dink hy het ’n hele leërmag van engele,”…

Tekentaal

Een van my vriende is leraar by ’n klein gemeente hoog in die berge naby Boise in Idaho. Die gemeenskap lewe in ’n boomryke vallei, waardeur ’n stroompie rustig voortvloei. Agter die kerkie en langs die stroom is daar ’n klompie wilgerbome, ’n grasryke area en dan ’n rustige strandjie. Dis ’n idilliese area en baie lank reeds die plek…

Waarom Nie Nou Nie?

God het ’n wyse en liefdevolle plan waarom Hy ons hier op aarde laat. Daar is werk wat wag, en dit kan slegs hier op aarde gedoen word. Ons beproewinge wat maar slegs vir ’n oomblik is, is besig om vir ons “’n heerlikheid wat alles verreweg oortref” (2 Kor. 4:17) te bewerk. Daar is ander wat ons bystand nodig…

Waar’s Johnny se pet?

Dit word vertel van ’n gesin wat ’n piekniek by ’n meer gehou het. Op een stadium het hulle vyfjarige seun in die water ingegaan, in ’n diep gat getrap en uit die gesig verdwyn. Nie een van die volwassenes kon swem nie en desperaat het hulle heen en weer gehardloop, terwyl die seuntjie wanhopig gespartel en geskreeu het. Op…

uit die mond van suigelinge

Psalm 8 begin met ’n verbasende kontras. Dawid beweer skynbaar dat alhoewel die Here sy heerlikheid in die hemelruim aangetoon het, is daar ’n ander oortuigende antwoord aan God se kritici wat uit die mond van suigelinge kom. “Kinders en suigelinge besing die magtige werk wat U tot stand gebring het. So word u ... vyande en wraakgieriges tot swye…

Waarom is daar kleur?

Waarom sal sommige bome se blare gedurende herfs allerhande pragtige kleure vertoon – rooi, oranje en geel? Gedurende die somer is die blare van bome groen omdat chlorofil, ’n groen pigment in die blare, rooi en blou lig van die son absorbeer. Die lig wat dan van die blare gereflekteer word, lyk vir ons oë asof dit groen is. Chlorofil…

verlorenes

Gedurende my jare op kollege, het ek as ’n gids gewerk en seuns op uitstappies in die Rocky Mountain Nasionale Park in Kolorado geneem. Tydens een van die uitstappies het een van die stappers – ’n tingerige, stadige knaap – agter geraak en iewers ’n verkeerde afdraaipad geneem. Toe ons by die kamp aangeland het, was hy nêrens te vinde…

Die langsaamheid van wysheid

Toe die Fariseërs na Jesus toe gekom het met die vrou wat owerspel gepleeg het en Hom gevra het wat hulle met haar moes doen, het Hy neergebuk en op die grond geskrywe (Joh. 8:6-11). Niemand van ons weet wat Hy daar geskryf het nie, maar toe hulle aanhou om te vra, het Jesus met een kort sin geantwoord: “Laat…

Die lewe wat saakmaak

Isaac Hann was ’n onbekende pastoor wat gedurende die 18de eeu in ’n klein kerkie in Loughwood, Engeland, as leraar gedien het. Aan die einde van sy bediening het sy gemeente uit slegs 26 vroue en 7 mans bestaan. Slegs vier van die mans het die eredienste redelik gereeld bygewoon. In hierdie dae van groot kerke en gemeentes, wie sou…

moenie oordeel nie!

Toe Jesus beveel het dat ons “nie moet oordeel nie”, het hy nie bedoel dat ons naïef of onverskillig moes wees nie. Natuurlik moet ons krities en analities wees en standpunt inneem in hierdie wêreld waar sake so maklik verkeerd loop en sonde volg. Wat Hy eintlik bedoel het, is dat ons nie veroordelend en aanvallend moet wees nie, iets…