Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by David H. Roper

Jy Is ’n Bloudruk

Elkeen van ons is ’n bloudruk uit God se hand. Daar bestaan nie iets soos ’n selfgemaakte man of vrou nie. Geeneen het hom- of haarself talentvol, afgerond of intelligent gemaak nie. God het elkeen van ons self geskep. Hy het aan ons gedink en ons vanweë Sy onuitspreeklike liefde gevorm.

God het jou liggaam, verstand en siel gemaak. Hy…

Ons Vader Se Gesig

Ek onthou my pa se gesig. ’n Mens kon dit nie maklik lees nie. Hy was ’n sagte man, maar onversteurbaar en teruggetrokke. As kind het ek dikwels na ’n glimlag of ’n uitdrukking van liefde op sy gesig gesoek. Ons is ons gesig. ’n Frons, ’n nukkerige trek, ’n glimlag en skrefiesoë verraai hoe ons oor ander voel. Ons…

Vergewe!

My vriend Norm Cook het soms ’n verrassing vir sy familie gehad as hy na werk tuisgekom het. Hy sou by die voordeur instap en roep, “Jy is vergewe!” Dit was nie dat familielede hom verontreg het en sy vergifnis nodig gehad het nie. Hy het hulle daaraan herinner dat, alhoewel hulle waarskynlik gedurende die dag gesondig het,  hulle deur God se…

Kyk Na Die Wolke

Jare gelede het ek en my seuns op ons rûe gelê en kyk hoe die wolke verbysweef. “Pa,” het een gevra, “waarom dryf wolke?” “Wel, Seun,” het ek begin. Ek was van plan om my uitgebreide kennis met hulle te deel, maar toe raak ek stil. “Ek weet nie,” het ek erken, “maar ek sal vir ons uitvind.”

Die antwoord, het…

Die perd en haar basie

Toe ek ongeveer 5 jaar oud was, het my pa besluit dat ek ’n perd van my eie nodig het, wat ek moes versorg. Hy het toe ’n ou vosperd aangekoop en haar vir my gebring. Ek het haar Dixie genoem. Dixie was natuurlik ’n formidabele dier vir my wat nog so klein was. Daar was nie ’n saal wat…

wat kan ek jou gee?

Ek het al gehoor dat daar in die meeste kulture drie wense verhale is, en almal stem min of meer ooreen. ’n Weldoener verskyn aan ’n persoon en bied aan hom of haar drie wense wat dan vervul sal word. Die feit dat hierdie tema so baie in verhale verskyn, dui daarop dat ons almal so graag iets wil hê…

’n metgesel op die pad

Ek geniet dit so om op al die wandelpaaie in Idaho te stap en die skoonheid en prag van die omgewing te geniet. Dan dink ek soms daaraan dat hierdie wandelinge simbolies van ons geestelike reis is, want die Christelike lewe is immers net ’n wandeling met die Here Jesus wat ons vergesel. Hy het dwarsdeur die land Palestina gestap…

Lammertjies mag Deurwaad

Die skrywer C. S. Lewis sê dat geestelike konsepte soos sop is – party is dik en ander helder. En daar is voorwaar “dik” waarhede in die Bybel – geheimenisse en konsepte wat moeilik is om te verstaan, selfs vir die intelligenste persoon. Kyk byvoorbeeld na hierdie waarheid: “God ... ontferm ... [Hom] oor wie Hy wil, en Hy verhard…

waarom ek?

Onlangs het ek weer Psalm 131 gelees. Dit is een van my geliefkoosde psalms en in die verlede het ek dit as bemoedigend beskou en ’n hulp om my te laat verstaan dat geheimenis een van die karaktertrekke van God is. Dit het my uitgedaag om tot ruste te kom en te aanvaar dat ek nooit alles sal kan verstaan…

pappa het nie ‘siestog’ gesê

’n Goeie vriend het een aand tuis in sy studeerkamer gesit en werk, terwyl sy vierjarige dogtertjie daar by hom gespeel het. Hy het dringende werk gehad wat afgehandel moes word. Die kind het daar rondgeskarrel, goed heen en weer geskuif, laaie oopgetrek en ’n redelike lawaai gemaak. My vriend het al die ongerief geduldig verduur, totdat sy haar vinger…