Om skoon te bly
Gedurende ’n besigheidsreis na Filadelfia, het ek elke oggend met Broadstraat in die rigting van die stadsaal gestap om die moltrein te haal. Elke keer het ek by ’n lang ry mense verbygestap wat blykbaar vir iets gewag het. Hulle was van alle ouderdomme, uit verskillende volke en met wisselende voorkoms. Nadat ek vir drie dae oor hierdie saak gewonder…
Die regte BestanddeLe
Alhoewel my kookkuns nie juis noemenswaardig is nie, probeer ek tog soms om ’n koek te bak deur voorafgemengde bestanddele, wat in winkels aangebied word te koop, en dan eiers, kookolie en water by te voeg. Die mengsel word dan goed geroer. Maar om ’n smaaklike koek te bak is dit belangrik dat die regte bestanddele in die regte hoeveelhede…
Hy beskerm my goed
Gedurende die stille oomblikke voordat die erediens ’n aanvang sou neem, het die orreliste ’n lied gespeel wat vir my onbekend was. Ek het in my liedboek gekyk en die woorde van die titel gelees: “The Lord My Shepherd Guards Me Well.” Ek het toe besef dat dit ’n pragtige parafrase van Psalm 23 is. Die woorde in Engels lui…
Die Vreugde van herinnering
’n Goeie vriend het onlangs 90 geword. Hy beskryf sy lewe as volg: “Ek beskou hierdie tydperk as ’n tyd om oor my lewe te reflekteer. Ek bestee baie ure om terug te dink. Dis vir my ’n tyd van ‘Vreugdevolle Herinnering’. Dis so maklik om te vergeet wat die Here vir jou gedoen het en hoe Hy jou gelei…
Die Verhaal van ’n muur
Toe ek per geleentheid die ruïnes van Hadrian se Muur in die Noorde van Engeland besoek het, het ek daaraan gedink dat dié muur miskien die grootste prestasie van die Romeinse keiser was, hy wat in 117 n.C aan bewind gekom het. Soveel as 18,000 Romeinse soldate het die muur van byna 200 kilometer, beman. Die muur is opgerig met…
anderkant die status Quo
Dr. Jack Mezirow, ’n emiritus professor aan die Columbia Teachers College, is van mening dat die essensiële element in volwasse lering is om gereeld jou eie persepsies en insigte krities te evalueer. Dr. Mezirow beweer dat volwassenes die beste leer as hulle met ’n disoriënterende dilemma gekonfronteer word, “iets wat jou help om die veronderstellings wat jy deur die jare…
Vry Om te Kies
Toe dit bekend geword het dat die belangrikste voetbalwedstryd van die seisoen op Yum Kippur, die Joodse Groot Versoendag, gespeel sou word, het die studenteraad van die universiteit van Texas die skoolraad gevra om die datum te verander. Hulle het gevoel dit sou onregverdig teenoor Joodse studente wees om hulle te dwing om te kies tussen die wedywering met Oklahoma,…
’n fokus op regverdigheid
Gedurende die afgelope 135 jaar waarin liga bofbal gespeel is, het nog slegs 20 gooiers ’n perfekte wedstryd gespeel. Op 2 Junie 2010 het Armando Galarraga van die Detroit Tigers dit wel reggekry en hy sou dan die 21ste gewees het. Maar die skeidsregter het ’n fout begaan en hom daardie eer ontneem. Toe die video gespeel is, het dit…
soos ’n Kudde
Gedurende ’n demonstrasie hoe om troppe skape met behulp van ’n skaaphond te hanteer, het die hondetemmer verduidelik dat omdat skape so maklik deur wilde diere gevang word, is hulle beste verdediging teen sulke aanvalle om in ’n trop bymekaar te bly. “’n Skaap wat alleen is, is ’n dooie skaap” het hy gesê. “Die goedopgeleide hond hou die skape…
Om die woord oor te dra
Jerry McMorris het 50 jaar gelede, toe hy nog ’n student aan die Universiteit van Chicago was, begin om die Wall Street Journal te lees. Hy het daardie publikasie so waardeer en omdat hy ’n besondere liefde vir sy alma mater gehad het, het hy vir honderde studente op die Wall Street Journal ingeteken. Hy het aan die Colorado Springs…