Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by Dave Branon

Voorneme

Gedurende Mei 1884 het ’n jong egpaar ernstig verskil oor die middelnaam wat hulle aan hulle seuntjie moes gee. Die moeder het Solomon verkies en die pa Shippe –albei familiename. Omdat John en Marta nie tot ’n vergelyk kon kom nie, het hulle op “S” besluit. So het Harry S. Truman die enigste Amerikaanse president geword wat ’n voorletter as…

Verheerlik hom

“Bedaar en erken dat Ek God is, hoog bo die nasies, hoog bo die aarde” (Psalm 46:11). Hierdie woorde kom uit ’n lied wat baie lank gelede in die tempel in Jerusalem gesing is en dit herinner ons aan wat ons belangrikste taak op aarde is – om ons ontsagwekkende God te verheerlik. Een manier waarop ons dit kan doen,…

soos ’n skynheilige

Ray Stedman, ’n pastoor, het my vertel van ’n jong man wat opgehou het om die dienste in sy kerk by te woon. Die jong man het verduidelik dat hy soms by die werk sy humeur verloor en sy medewerkers sleg behandel. Dan, wanneer Sondag aanbreek, gaan hy kerk toe en sit ewe vroom daar, maar voel soos ’n skynheilige.…

Noem Jy Dit Goed

Kan ons regtig weet of ons die gebeure in die lewe goed of sleg kan noem? Byvoorbeeld, jou motor breek net voordat jy en jou familie ’n reis wil onderneem. Jy neem dit na ’n motorhawe en die werktuigkundige sê vir jou: “Dis ’n goeie ding dat jy nie gery het nie. Die motor kon aan die brand geslaan het.”…

Hy sê, ons sê

Toe my vrou oor die verloop van die dag nagedink het, het sy ’n insident onthou wat gebeur het, waarby ons kleindogter, Eliana, betrokke was. Sy het die dag by ons gekuier en het in die sitkamer met ’n klompie speelgoed gespeel. Toe sy opgestaan het en na ’n ander kamer wou gaan, het haar ouma gesê: “Eliana, jy moet…

Taai en delikaat

“Enige dwaas kan ’n rusie begin” (Spreuke 20:3). “Die naam van dié wat verkeerd doen, word gou vergeet” (Spreuke 10:7). “Wie hom nie laat teregwys nie, is ’n dom mens” (Spreuke 12:1). Is dit reg dat God se Woord mense dwaas, dom en ’n huigelaar (Spr. 10:18) noem? Is God dan nie ’n liefdevolle God nie? Ja, beslis, God is…

’n Kruk?

Het jy al gehoor dat twyfelaars beweer die Christelike geloof is niks meer as ’n kruk nie – die enigste rede waarom mense in Christus glo, is omdat hulle swakkelinge is wat hulle eie “godsdiens” moet skep, sodat hulle kan oorlewe? Waarskynlik het daardie twyfelaars nie gehoor van die Christen geneesheer in ’n land in die Verre Ooste wat twee…

ernie se afskeid

Rubriekskrywer, Mitch Albom, het op 30 September 2009 in die Fox Teater in Detroit, Michigan, ’n onderhoud met Ernie Harwell, een van die mees geliefde persone in Amerikaanse sport, gevoer. Harwell het vir meer as 50 jaar as aankondiger vir die Detroit Tigers bofbalspan en ander sportspanne opgetree. Sy vriendelikheid, nederigheid en besondere warmte as uitsaaier, het ’n diepe indruk…

oorbrug die gaping

Twee jongmans, bedag op skelmstreke, het ’n bus wat sendingwerkers vervoer, genader. Dit was in ’n minderbevoorregte voorstad in Duitsland geparkeer. Die sendelinge was daar om kos aan die mense te gee en so ’n geleentheid te kry om die evangelie oor te dra, maar die twee jongmanne met skedelpette op hulle koppe, was daar om kwaad te stook. Die…

mik hoog

Toe my dogter en haar familie ’n tydjie by ons gekuier het, het ek my seun en twee skoonseuns op ’n manne uitstappie geneem. Ons het besluit dat terwyl die vroue inkopies doen, sou ons gaan skyfskiet. Ons het twee pistole gehuur en na ons teikens gemik. Terwyl ons geskiet het, het al vier van ons agtergekom dat een van…