Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by Bill Crowder

Van trane en Vreugde

Golda Meir het worsteling en stryd sowel as sukses, gedurende haar lewe ondervind. Sy het baie oomblikke van spanning, konflik en verliese beleef, maar daar was ook periodes van sukses en oorwinning in haar stryd vir die die jong staat, Israel. As Eerste Minister van Israel, het sy by geleentheid oor vreugde en hartseer die volgende gesê: “Diegene wat nie…

ignoreer genade

In die middestad van een van Asië se groot stede, is ek getref deur die hordes mense wat op die sypaadjies geloop het. Dit het gelyk asof daar geen ruimte vir die menigtes was nie, en tog wou dit voorkom asof almal teen ’n hoë spoed voortgesnel het. Meteens is my aandag getrek deur die roerende klank van ’n trompet…

Vandag nog Waar

Die Chester Beatty biblioteek in Dublin Ierland, het ’n uitgebreide versameling van antieke Bybelse fragmente wat uit die tweede eeu n.C dateer. Een fragment wat daar vertoon word, is ’n gedeelte van Handelinge 17:16. Hierdie boodskap wat op die antieke fragment vertoon word, is vandag nog net so aktueel soos vandag se koerant. Dit lui: “Terwyl Paulus in Atene vir…

Newgrange

Newgrange is ’n grafkelder in Ierland wat 5,000 jaar oud is. Dis gebou deur ’n boerderygemeenskap in die Boyne Vallei. Die besondere struktuur strek oor meer as ’n akker, en in vroeër jare het mense soontoe gegaan om met die kwessie van die dood te worstel. Dis veral bekend vir ’n sonstraal, wat vir 17 minute elke dag, tussen 19…

Die bron van impak

Die Nobelprys word jaarliks toegeken aan persone wat op een of ander terrein ’n besondere impak gemaak het. Leiers op die terrein van die ekonomie, geneeskunde, literatuur en bevordering van vrede word geëer vir wat hulle gedoen het en hulle bydraes tot die samelewing. Wanneer iemand die Nobelprys ontvang, is dit die finale beklemtoning en bevestiging van jare se opleiding,…

Verandering van rigting

Die Geheime Diens van die VSA het in 1865 tot stand gekom. Wat was hulle doel? Om alle vervalsers aan te keer en sodoende die dollar te probeer beskerm en ook Amerika se nasionale ekonomie. Hierdie besondere groep, wat die wet moes handhaaf, het in 1902 ’n nuwe rigting ingeslaan. Hulle het bekend geword as die beskermers van die President…

Wou of het?

’n Paar jaar gelede het ’n aksie WWJD (Wat sou Jesus doen?) almal in die Christen gemeenskap gaande gehad. Daar is ’n spesiale armband ontwerp met dié woorde daarop gegraveer en dit het as herinnering aan mense gedien dat hulle Jesus in ag moet neem wanneer hulle keuses uitoefen en besluite moet neem. Indien ons vir ons Verlosser wil lewe,…

niks om oor te Lag nie

Terwyl ek en my vrou eendag deur ’n inkopiesentrum gestap het, het ons by ’n afdeling gekom waar T-hempies uitgestal was. Terwyl ons na die uitstalling gekyk het en geglimlag het vir sommige van die komiese stellings op die T-hemde, het ons een gesien wat ontstellend was. Daarop was geskryf: “So Baie Christene, So Min Leeus.” Daardie hempie, met die…

’n blywende stempeL

Caerleon is ’n dorpie in Wallis met ’n diep geskiedkundige agtergrond. Dit was een van die drie gebiede waar Romeinse magte geplaas was toe Brittanje deur die Romeine beset was. Alhoewel die militêre teenwoordigheid reeds 1,500 jaar gelede geëindig het, kan die spore van daardie okkupasie vandag nog gesien word. Mense kom van dwarsoor die wêreld om die militêre fort,…

eerste indrukke

’n Tyd gelede het ek ’n dagstukkie vir Ons Daaglikse Brood geskrywe waarin ek vertel het van ’n jong dame wat ek in ’n winkelsentrum gesien het. Sy het ’n T-hempie waarop die woorde Love is for Losers aangehad, en ek het opgemerk wat ’n treurige boodskap dit uitdra. Tot my verbasing het een van ons lesers die situasie anders…