Ek was op ’n lughawe en het gewag vir die teken om die vliegtuig te bestyg. ’n Vreemdeling, wat gehoor het dat ek ’n predikant is, het sy lewe, voordat hy ’n Christen geword het, vir my beskryf. Dit was gekenmerk deur “sonde en selfsug en toe het ek Jesus ontmoet.” Ek het geluister na die veranderinge in sy lewe en al sy goeie dade. Maar omdat alles wat hy vertel het, te doene gehad het met sy besige lewe en sy dade vir God, en nie gemeenskap met Hom nie, was ek nie verbaas toe hy eindelik gesê het: “Om eerlik te wees, Dominee, ek het gedink dat ek teen hierdie tyd al beter oor myself sou gevoel het.” Ek dink Marta, die karakter wat in die Nuwe Testament beskryf word, sou die vreemdeling se opmerking verstaan het. Sy en Maria het Jesus vir ete genooi en sy was baie besig om die ete voor te berei. Omdat haar suster, Maria, nie gehelp het nie, het sy Jesus gevra om Maria aan te spreek. Dis ’n fout wat baie van ons begaan. Ons is so besig om goed te doen, dat ons nie tyd neem om God beter te leer ken nie. My advies aan my vliegtuig vriend was iets soos Jesus se woorde aan Marta in Lukas 10:41-42: “Verminder jou dienswerk en neem tyd om God te leer ken. Laat Hy Homself uit sy Woord aan jou openbaar.” As ons te besig is om tyd met God te bestee, is ons te besig.