Daar was ’n tyd gelede ’n hofsaak in die Hooggeregshof van die VSA oor die kwessie of ’n godsdienstige simbool, veral ’n kruis, op publieke terrein toegelaat behoort te word. Mark Sherman van die Associated Press, het aangevoer dat hoewel die spesifieke kruis reeds in 1934 opgerig is ter herinnering aan soldate wat in die Eerste Wêreldoorlog gesterf het, is daar ’n groep oudstryders wat beswaar gemaak het dat die kruis as ’n “kragtige Christelike simbool” aangedui is en nie “’n simbool ook van ander godsdienste” nie. Die kruis is nog altyd ’n simbool wat tot strydvrae aanleiding gegee het. Gedurende die eerste eeu het die apostel Paulus ’n belangrike opmerking gemaak. Hy’t gesê Christus het hom gestuur “om die evangelie te verkondig, en dit nie met woorde van menslike wysheid nie, want dan sou die kruis van Christus sy krag verloor” (1 Kor. 1:17-18). Hy’t ook gesê: “Die kruis van Christus is wel onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God.” As Christene is die kruis vir ons meer as net ’n kragtige Christelike simbool. Dis die bewys van God se krag om ons van sonde te bevry. In ons pluralistiese samelewing sal die strydvrae oor die kruis voortduur. Of die kruis op publieke terrein aangebring mag word, berus by die howe. Maar om die kruis deur ons lewens sigbaar te maak, sal in elkeen van ons se hart beslis word.