In die Romeinse Ryk het ongelowiges dikwels ’n afgod of godin aangeroep wanneer hulle weddenskappe aangegaan het. Een van die geliefkoosde afgode was Apofrodite, die Griekse naam vir Venus, die godin van die liefde. Terwyl die dobbelstene gegooi word, het hulle gewoonlik uitgeroep epafroditus! Letterlik “deur Apofrodite!” In die boek Filippense lees ons van ’n Griek met die naam Apofroditos, ’n bekeerling uit die heidendom en ’n getroue vriend van Paulus. Hy het Paulus baie met sy sendingwerk gehelp en hom in alles ondersteun. Paulus het in ’n stadium so oor hom geskrywe: “Epafroditos, my medewerker en my medestryder” (Filippense 2:25). Epafroditos was ’n Christen, ’n broer in Christus, ’n getroue arbeider wat met sendingwerk gehelp het. Hy was ’n soldaat vir Christus en die persoon wat die geïnspirerende brief aan die Efesiërs na hulle geneem het. Hy was ’n voorbeeld as broer in Christus, ’n getroue arbeider, iemand met geestelike uithouvermoë en iemand wat kon volhard. Ja, beslis, Epafroditos het deur sy lewe bewys dat hy ’n ware Christen was en dat hy nie sy lewe deur ’n heidense afgod laat beheers het nie. Nee, hy het deur die geloof in Jesus Christus die stryd gestry. Ja, veel belangriker nog as die naam wat ons dra, is die geestelike eienskappe wat in ons lewe gesien kan word. Betroubaarheid, sorg, bemoediging en wysheid. Toon jou lewe hierdie eienskappe?