’n Jong man wat onseker was oor wat die nuwe jaar sou bring, het tot die slotsom gekom dat niemand die wil van God kan ken nie. Is hy reg? Beteken onsekerheid oor die toekoms dat ’n mens nie God se wil kan ken nie? Dikwels kom mense tot die gevolgtrekking dat as hulle nie weet wat ’n spesifieke situasie in die toekoms sal wees nie, kan hulle nie God’s wil onderskei nie. Alhoewel dit belangrik is om die leiding van God se wil ten opsigte van die toekoms te soek, is daar ’n ander aspek wat net so belangrik is as ons God se wil vir elke dag wil ontdek. Byvoorbeeld dis God se wil dat ons goeie landsburgers moet wees om so ’n uitdaging aan ander te rig (1 Pet. 2:15), om dankbaar te wees ongeag enige situasie (1 Tess. 5:18), om seksueel rein te lewe en immoraliteit te vermy (1 Tess. 4:3), om onder die beheer van die Heilige Gees te lewe (Efes. 5:18) lofliedere vir God te sing (Efes. 5:19) en om ander gelowiges onderdanig te wees (Efes. 5:21). As ons hierdie dinge gehoorsaam en daarvolgens lewe, is dit waarskynlik dat ons sal doen “wat vir Hom [God] aanneemlik en volmaak is” (Rom. 12:2). Om so te lewe dat ons God se glimlag waardig is, sal daartoe lei dat ons sy leiding ten opsigte van die toekoms, sal kan onderskei. As ons God se leiding vir die toekoms soek, moet ons seker maak dat ons dit gehoorsaam wat God reeds aan ons bekend gemaak het.