’n Christen sportverslaggewer het ’n bofbalwedstryd bygewoon en na afloop daarvan in die klubgebou met ’n Christenspeler oor “Christenwees” gesels. ’n Beampte van die klub het verbygestap en gehoor hoedat hulle oor “christensake” praat. Aangesien die span kwaai verloor het, het hy die verslaggewer ongeduldig aangespreek omdat hy nie liewer oor die wedstryd gepraat het nie. Toe het hy vinnig weggestap. Die speler het aan die verslaggewer gesê: “Jammer vir die uitbarsting. Hy begryp dit net nie.” Ons lewe in ’n wêreld waar baie mense dit nie “begryp nie”. Hulle verstaan nie dat alhoewel ons ons bes doen om te presteer, is dit nie genoeg nie. Om die Here te behaag is die gelowig se hoogste prioriteit. Ja, vir die Christen is selfs ons sport en ontspanning tot eer van God, net soos ons dagtaak, of dit nou onderwys, ’n drukpers, of die verkoop van assuransie is. Paulus sê in 1 Korintiërs 9:12 dat ons alles moet verduur sodat ons geen hindernis in die weg van die evangelie plaas nie. Die doel van elke gelowige is om die Woord van God uit te dra. In vers 16 sê hy: “Ek verkondig die evangelie omdat ek móét! En wee my as ek dit nie doen nie!” Een manier om dit te doen, is om so te lewe dat dit ander noop om ’n verduideliking te eis oor “die hoop wat in julle lewe” (1 Petrus 3:15). Om ons is mense wat dink die dinge van die wêreld is die belangrikste. Dit moet ons nie frustreer nie. Ons doel moet wees om die evangelie uit te dra.