Dit was tydens ’n voetbalwedstryd waarin my kleinseun betrokke was, dat die skeidsregter die fluitjie geblaas het en aangedui het dat ’n strafskop toegeken sou word. Skynbaar is die speler geduik nadat hy die bal aangegee het en die aankondiger wat oor die mikrofoon uitgesaai het, het hom weerspreek. Hy’t gesê: “The penalty is roughing the pastor … I mean, roughing the passer.” Toe ek die woorde hoor, het ek gedink: God kan gerus daardie oordeel oor sommige kerke van vandag uitspreek! Natuurlik kan pastore en predikante nie volmaak wees nie. As ons vir sondelose leiers soek, sal alle kerke vandag herderloos wees. Maar die Here roep ons nogtans op om ons geestelike leiers te eer, veral “dié wat hard werk deur te preek en onderrig te gee” (1 Tim. 5:17). In my opinie is om ’n predikant of pastoor te wees een van die moeilikste beroepe op aarde. Ons lewe in ’n gesofistikeerde wêreld waar alles vinnig beweeg en kompleks is, en dikwels stel ons sulke hoë eise aan leraars dat dit net onbereikbaar is. Kom laat ons ons uitkyk verander en in plaas daarvan om sulke hoë standaarde van ons leraars te verwag, laat ons hulle eer en met woorde van bemoediging onderskraag. En belangrikste van alles: laat ons vir hulle bid. ’n Nota van waardering en ’n “dankie “ na afloop van ’n diens, kan die leraar stimuleer en bemoedig sodat hy met blydskap kan dien.