’n Vriend van my wat ’n handelsvlieënier is het my vertel van ’n vlug waartydens die vliegtuig ernstige meganiese probleme opgedoen het. Die probleem het dringende komplikasies gebied. Toe die situasie ontstaan het, het al die waarskuwingsligte in die stuurkajuit aangegaan en hy moes die situasie voortdurend monitor totdat hy eindelik veilig kon land. Nadat hy geland het, het hy die saak onmiddellik gerapporteer en tot sy verbasing het die werktuigkundiges geantwoord: “Ons weet alreeds van die probleem en is gereed om dit te gaan herstel. Toe die ligte in die stuurkajuit aangegaan het, het ons outomaties ook ’n elektroniese waarskuwing ontvang.” Toe hy my van die insident vertel het, kon ek nie help om aan Jesus se woorde oor ons hemelse Vader te dink nie. “ Julle Vader weet wat julle nodig het, nog voordat julle dit van Hom vra” (Matteus 6:8). Hy het hierdie woorde gesê om mense reg te help wat dink dat God “ hulle gebede sal verhoor … omdat hulle baie woorde gebruik” (Matteus 6:7). Jesus weet vooraf alles wat sy kinders nodig het en Hy is besorg oor elke behoefte. Ons hoef dit nie eers vir Hom te sê nie. Nogtans wil Hy hê dat sy kinders openhartig met Hom sal wees en hulle harte aan Hom sal bekendmaak. Hy staan gereed om elke gebed te verhoor en om in genade ons gebroke harte te genees. Laat ons vrymoedig tot Hom nader.