Indien jy al ooit probeer het om iets reg te maak en misluk het, sal jy die kennisgewing wat ek by ’n reparasiewinkel gesien het, baie waardeer. Ons Sal Herstel Wat Jou Eggenoot Herstel Het. Wat die probleem ook al is, of dit iets met jou motor is, of loodgieterswerk, of iets wat gebreek het, dis altyd beter in die hande van iemand wat opgelei is en weet wat hy doen. So is dit ook met die sonde in ons en die inwendige stryd wat ons het om hierdie sondige neigings te bestry en te oorwin. Jeremia het hom skerp uitgespreek teen die inhalige profete en priesters van sy dag wat sê: “Alles is reg! Alles is reg! Maar niks is reg nie” (Jeremia 6:14). Hulle kon hulleself nie verander nie en ook nie die volk tot geestelike transformasie lei nie. Toe het die Here die volk geroep om sy pad te loop: “Staan by die kruispaaie en kyk, en vra na die ou paaie. Vra watter pad die beste is en loop dit, dan sal julle rus vind” (Jeremia 6:16). Eeue later het Jesus Christus, die Seun van God, gesê: “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.” (Matteus 11:28). Hy kan genees en herstel, want Hy is die Here. Die dele van ons lewe en die aspekte wat ons probeer herstel het, maar nie kon regkry nie, kan deur God reggemaak word. Deur geloof in Christus, die Seun van God, kan ons volkome herstel word.