Die eerste mense wat die kruin van berg Everest , die hoogste berg in die wêreld in 1953 bereik het, was Edmund Hillary en Tenzing Norgay. Hillary was net 35 jaar oud en die daad het hom roem, rykdom en eer besorg. Hy het besef dat hy reeds ’n merkwaardige lewe geleef het. Wat het Hillary toe daarna gedoen vir die volgende 55 jare? Het hy afgetree en net op sy louere gerus? Nee, beslis nie. Alhoewel daar nie hoër berge was wat Hillary nog kon klim nie, het dit hom nie gestuit nie. Hy het baie ander doelstellings bereik onder andere om die lewensstandaard van die Nepalese mense wat naby berg Everest woon, te verbeter – ’n taak waarmee hy besig was totdat hy in 2008 oorlede is. Het jy geweet dat die Here God die Leviete beveel het om op 50 jarige ouderdom hulle gewone take neer te lê? (Numeri 8:24-25). Maar Hy wou nie hê hulle moes ophou om die ander te help en by te staan nie. Hy het hulle beveel om die “mede-Leviete nog met hulle ampswerk in die tent van ontmoeting behulpsaam [te] wees” (vs.26). Ons kan nie hierdie teksverse as die absolute riglyne vir aftrede beskou nie, maar ons kan wel sien dat God wil hê dat ons, nadat ons afgetree het, nog diensbaar en bruikbaar moet wees. Baie mense vind dat hulle nadat hulle afgetree het, niks meer het om te doen nie. Maar soos die Leviete en die Heer Edmund Hillary kan ons wel ander behulpsaam wees.