Die name van sportspanne word van verskillende oorspronge afgelei. Party kom uit die geskiedenis (Spartane, Kruisvaarders) ander uit die natuur (Kardinale, Leeus) en ander selfs kleure (Blou Bulle, die Rooies). Een is selfs afgelei uit die weekdier familie. Gedurende die 1980’s was die universiteit van Kalifornië te Santa Cruz besig om by kompeterende sport betrokke te raak. Hulle het ’n sekere afkeer gehad aan die oorbeklemtoning van sport, wat by sekere skole te vinde was. Toe besluit die studenteraad om ’n naam te soek wat ’n ander aspek sou beklemtoon. Hulle besluit toe op die Banana Slug, ’n geel, slymerige, stadige weekdier. Dit was ’n besondere manier waarop die Universiteit ’n meer gebalanseerde perspektief op die waarde van sport kon beklemtoon. Ek is nog altyd baie lief vir sport, maar ek weet ook dat dit maklik te belangrik kan word. Wat die meeste waarde in die lewe het, is dit wat Jesus gesê het, naamlik om God en ons naaste van harte lief te hê (Matteus 22:37-39). Miga het God se vereistes so verwoord: “Laat [reg] geskied, [sorg] dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God” (Miga 6:8). Vir Christene is dit noodsaaklik dat niks vir ons belangriker sal word as dit nie. Wat is vir jou die belangrikste in die lewe? Die Blou Bulle of die Proteas? Of ’n liefdevolle God wat jou volkome oorgawe vra.