Vir honderde jare is windmeule gebruik om water te pomp en graan te besproei. Maar gedurende die laaste paar dekades waar turbines al hoe meer gebruik is om elektrisiteit te verkry, het daar ’n probleem opgeduik. Navorsers het ’n ingrypende ontdekking gedoen. Hulle het vasgestel dat windaangedrewe opwektoestelle goed werk as die spoed laag is, maar wanneer die wind sterk is, neem die krag af. Die rede is dat dooie insekte op die lemme die krag laat afneem. Dit het noodsaaklik geword om die opbou van dooie insekte op die lemme gereeld af te was om te verseker dat die krag nie afneem nie. Wanneer sonde in die lewe van ’n Christen toeneem, kan dit ook ’n groot probleem word. God het egter ’n manier daargestel waarop ons kan verhinder dat hierdie sondes meer word en ons geestelike groei benadeel. Ons lees in 1 Johannes 1:9 die volgende: “As ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.” As ons dit egter nie doen nie, sal ons geestelike krag afneem. Die rede daarvoor is dat die krag vir die geestelike lewe van God af kom en nie van ons nie (2 Kor. 4:7). Indien ons probeer om die Christelike lewe in eie krag te lewe, sal ons misluk net soos windmeule wat hulle krag verloor het. God se krag word in die lewe gesien as ons daagliks ons sondes bely sodat dit nie ophoop nie.