Jare gelede het ek ’n artikel oor visvang in ’n tweede eeu v.C. werk deur die Griekse skrywer Aelian, gelees. “Tussen Beroea en Tessalonika loop ’n rivier genaamd die Astraeus, en daarin is vis met gevlekte vel (forel).” Dan beskryf hy ’n “strik vir die vis, waardeur hulle die oorhand oor hulle kry. Hulle bind bloedrooi wol vas aan ’n vishoek en heg twee vere daaraan. Dan sal hulle hul strik gooi en die visse, gelok deur die kleur, kom op met die gedagte om ’n hap te kry” (On the Nature of Animals). Vissers gebruik steeds dié lokaas, bekend as die Rooi Kunsvlieg. Dit wat aanvanklik meer as 2200 jaar gelede in gebruik geneem is, is steeds ’n strik vir forel, waardeur
ons “die oorhand oor hulle kan kry.” Toe ek dié antieke werk lees het ek gedink: Nie alle ou dinge het hul fleur verloor nie – veral mense. As ons, deur ’n tevrede en vrolike ouderdom, andere die volheid en diepte van God kan toon, sal ons tot aan die einde van ons dae bruikbaar wees. Ouderdom hoef nie op kwynende gesondheid, of die hunkering na wat eens was gefokus te wees nie. Dit kan vol vrede, vrolikheid en goedhartigheid wees, die vrug van dié wat saam met God oud word. “Hulle vind hulle krag in die huis van die Here … Selfs in hulle ouderdom sal hulle nog toeneem in krag. Hulle sal fris en lewenskragtig wees” (PS. 92:14-15).