Menige van ons het ’n obsessie met roem – óf om beroemd te wees óf om elke detail van bekende mense te volg. Verskynings op laatnag vertonings. Miljoene volgelinge op Twitter. In ’n onlangse studie in die VSA het navorsers die name van bekende individue, met behulp van ’n spesiale ontwikkelde algoritme wat die Internet deursoek, op ’n ranglys geplaas. Jesus was bo-aan die lys as die mees bekende persoon in die geskiedenis. Tog was Jesus nooit begaan oor die verkryging van roemstatus nie. Toe Hy hier op aarde was, het Hy nooit roem gesoek nie (MATT. 9:30; JOH. 6:15) – tog het roem Hom gevind, aangesien nuus oor Hom vinnig deur die hele streek van Galilea getrek het (MARK. 1:28; LUK. 4:37). Waar Jesus Hom bevind het, het ’n skare gou saamgedrom. Die wonderwerke wat Hy verrig het, het mense na Hom gelok. Maar toe hulle met geweld probeer om Hom ’n koning te maak, het Hy alleen weggeglip (JOH. 6:15). Verbind met Sy Vader, verbind in Hul doel, het Hy herhaaldelik ingewillig tot die Vader se wil en tydsberekening (4:34; 8:29; 12:23). “Hy het Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis” (FIL. 2:8). Roem was nooit Jesus se doelwit nie. Sy doel was eenvoudig. As die Seun van God het Hy nederig, gehoorsaam en vrywillig Homself as die offer vir ons sondes, aangebied.