Hoeveel is genoeg? Ons kan dié eenvoudige vraag op ’n dag vra wat baie ontwikkelde lande toenemend aan inkopies wy. Ek praat van Black Friday, die dag na die VSA se Dankseggingsdag, waarop baie winkels vroeg oopmaak en groot winskope aanbied; ’n dag wat ook na ander nasies versprei. Sommige kopers se geld is beperk en hulle probeer om iets bekostigbaar te koop. Maar helaas, vir andere is gierigheid die motief en soms bars geweld los as hulle vir winskopies veg. Die wysheid van die Ou-Testamentiese skrywer bekend as “die Prediker” (PRED. 1:1) bied ’n teenmiddel vir die waansin van verbruikersdruk wat ons in die winkels kanteëkom – én in ons harte. Hy wys daarop dat diegene wat lief is vir geld nooit genoeg sal hê nie, en sal deur hul besittings regeer
word. En tog, sal hulle met niks sterf: “Presies soos hy gekom het, so gaan hy” (5:15). Die apostel Paulus herhaal die Prediker in sy brief aan Timoteus, toe hy sê, “Geldgierigheid is ’n wortel van allerlei kwaad,” en “jy, man van God … Streef na opregtheid [en] toewyding aan God” (1 TIM. 6:6-11). Of ons in ’n plek van oorvloed lewe of nie, ons kan almal ongesonde maniere vind om die God-vormige ruimte in ons harte te vul. Maar as ons na die Here, vir ons gevoel van vrede en welsyn kyk, sal Hy ons met Sy goedheid en liefde vul.