Elke herfs bied ons ’n heerlike Dankseggingsfees aan op die kampus by Cornerstone Universiteit. Ons studente is mal daaroor! Verlede jaar het ’n groep studente ’n speletjie aan hul tafel gespeel. Hulle het mekaar uitgedaag om binne drie sekondes of minder iets op te noem waarvoor hulle dankbaar was – sonder om iets wat iemand gesê het, te herhaal. Iemand wat geaarsel het, was uit die spel. Daar is allerlei dinge waaroor studente kan kla – toetse, spertye, reëls en ’n menigte ander kollege-tipe klagtes. Maar dié studente het gekies om dankbaar te wees. En
ek dink hulle het baie beter na die spel gevoel as wat hulle sou, indien hulle gekies het om te kla. Terwyl daar altyd dinge is om oor te kla, as ons mooi kyk is daar altyd seëninge waarvoor ons dankbaar kan wees. Toe Paulus ons nuutheid in Christus beskryf, is “dankbaarheid” die enigste kenmerk wat meer as een keer genoem is. Dit word trouens drie keer genoem. “Wees altyd dankbaar” sê hy in Kolossense 3:15. “Met dankbaarheid in julle harte [sing] tot eer van God” (vs. 16). “En wat julle ook al sê of doen … dank God die Vader deur Hom (vs. 17). Paulus
se opdrag om dankbaar te wees, is verstommend weens die feit dat hy hierdie brief uit die tronk geskryf het!
Laat ons vandag die keuse maak om ’n gesindheid van dankbaarheid te hê.