Ek staan in die kassiersry van die plaaslike supermark en kyk om my rond. Ek sien tieners met geskeerde koppe en neusringe wat deur die peuselhappies soek; ’n jong beroepsman koop een biefstuk, ’n paar aspersiespriete, en ’n patat; ’n bejaarde vrou wat die perskes teenoor die aarbeie opweeg. Ken God al hierdie mense by die naam? vra ek myself af. Maak hulle regtig aan Hom saak? Die Skepper van alle dinge is die Skepper van alle mense, en elkeen van ons is Sy individuele aandag en liefde waardig. God het dáárdie liefde persoonlik, op die ruwe heuwels van Israel en uiteindelik aan die kruis, bewys. Toe Jesus die aarde, in die vorm van ’n dienskneg, besoek het, het Hy getoon dat die hand van God nie te groot vir die kleinste persoon in die wêreld, is nie. Dit is ’n hand waarop ons individuele name gegraveer is, en ook met wonde gegraveer, die prys wat God vir Sy liefde vir ons betaal het.
As ek nou in selfbejammering verval of oorweldig word met die pyn van eensaamheid, wat so goed verwoord is in boeke soos Job en Prediker, gaan ek na die Evangeliese weergawes van Jesus se stories en dade. As ek aflei dat my bestaan geen verskil aan God maak nie, weerspreek ek een van die hoofredes waarom God na die aarde gekom het. Op die vraag, Maak ek saak? Is Jesus inderdaad die antwoord.