Toe Nicholas Taylor op ’n trein in Perth, Australië klim, is sy been tussen die platform en ’n passasierswa vasgepen. Met die gekoördineerde pogings van byna 50 passasiers, deur op die telling van drie, teen die trein te stoot is die gewig net genoeg verskuif om Taylor se been te bevry. Paulus het die krag van Christene wat saamwerk, in sy briewe aan die vroeë kerke, erken. Hy het die Romeinse gelowiges gemaan om mekaar te aanvaar soos Christus hulle aanvaar het en gesê: “Mag God … gee dat julle eensgesind onder mekaar sal wees soos Christus Jesus dit wil hê. Dan kan julle almal eensgesind uit een mond lof toebring aan God, die Vader van
ons Here Jesus Christus. (ROM. 15:5-6). Eensgesindheid met ander gelowiges stel ons in staat om God se grootheid te versprei en dit help ons om vervolging te verduur. Wetend dat die Filippense ’n prys vir hul geloof sou betaal, het Paulus bemoedigend vir hulle gesê, hulle moet strewe om, “in volkome eensgesindheid standvastig saam [te] stry vir die geloof in die evangelie en julle in geen opsig deur die teenstanders laat afskrik nie” (FIL. 1:27-28). Satan is lief om te verdeel en te verslaan, maar sy pogings misluk as ons, met God se hulp, ons daarop toelê “om die eenheid wat die Gees tussen [ons] gesmee het, te handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe” (EF. 4:3).