Jacob Davis was ’n kleremaker met ’n probleem. Dit was die
hoogtepunt van die goudstormloop in die Amerikaanse Weste,
gedurende die 1800’s, en die mynwerkers se werksbroeke het
nie gehou nie. Sy oplossing? Davis het na ’n plaaslike weefstof-
maatskappy gegaan, wat deur Levi Strauss besit is, en tentlap
gekoop, waaruit hy werksbroeke gemaak
het – en die blou jeans is gebore. Vandag is
denim jeans in ’n verskeidenheid van snitte
(insluitend Levi’s) een van die mees
gewilde klere-items in die wêreld, en dit
alles as gevolg van tentmateriaal wat ’n
nuwe doel gegee is.
Simon en sy vriende was vissers op die
See van Galilea. Toe roep Jesus hulle om
Hom te volg. Hy het vir hulle ’n nuwe doel
gegee. Hulle sou nie meer hengel vir vis nie. Jesus het vir hulle
gesê: “Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense
maak” (MARK. 1:17).
Met ’n nuwe doel vir hul lewens, is dié manne deur Jesus
geleer en opgelei sodat, ná Sy hemelvaart, hulle deur God gebruik
kon word om mense se harte met die boodskap van die kruis en
die opstanding van Christus, aan te gryp. Vandag, volg ons in hul
voetstappe namate ons die goeie nuus van Christus se liefde en
verlossing verkondig.
Mag ons lewens hierdie liefde, beide verklaar en toon, wat andere
se lewens, doeleindes en hul ewige lot kan verander.