Dr. William Wallace was sendeling-dokter in die 1940’s, in Wuzhou, China, toe Japan China binnegeval het. Hy was in beheer van die Stout Memorial Hospitaal op daardie stadium, en het die hospitaal opdrag gegee om sy toerusting op vragskuite te laai en om aan te hou funksioneer terwyl hulle op en af op riviere gevaar het om infanterie-aanvalle te ontduik.

In gevaarlike tye, het Filippense 1:21 – een van Wallace se gunsteling verse – hom herinner dat as hy lewe, hy werk het om te doen vir die Verlosser; maar as hy sterf, het hy die belofte van ewigheid saam met Christus. Die vers het spesiale betekenis aangeneem toe hy oorlede is terwyl hy verkeerdelik gevange gehou was in 1951.

Paulus se skrywe weerspieël ’n diepe toewyding waarna ons as gelowiges kan strewe. Dit stel ons in staat om beproewings en selfs gevare te trotseer om Sy onthalwe. Dit is toewyding wat moontlik is deur die Heilige Gees en die gebede van diegene naby aan ons (vs. 19). Dit is ook ’n belofte. Al gee ons onsself oor aan deurlopende diens onder moeilike omstandighede, is dit met hierdie gedagte: wanneer ons lewe en werk hier eindig, het ons steeds die vreugde van die ewigheid met Jesus.

In ons moeilikste tye, met harte wat verbind is om saam met Christus te wandel, en met ons oë vas gerig op die belofte van ewigheid met Hom, laat ons dae en dade ander seën met die liefde van God.