’n Jong man wie ek ken, het ’n gewoonte om God vir tekens te vra. Dis nie noodwendig sleg nie, maar sy gebede neig om bevestiging van sy gevoelens te soek. Hy bid, “God, as U wil hê ek moet X doen, dan moet U asseblief Y doen, dan sal ek weet dit is reg.” Dit het ’n dilemma geskep. As gevolg hiervan het hy gevoel hy moet sy eksmeisie
terugwen. Sy voel dalk die teenoorgestelde. Die godsdienstige leiers van Jesus se tyd het ’n teken van Hom geëis om die geldigheid van Sy aansprake te staaf (MATT. 16:1). Hulle was nie op soek na God se leiding nie, maar het Sy goddelike gesag uitgedaag. Jesus het geantwoord: “’n Slegte en afvallige geslag wil ’n teken hê” (vs. 4). Die Here se reaksie was nie ’n ope verklaring om enigeen te keer wie op soek is na God se leiding nie. Inteendeel,
Jesus het hulle daarvan beskuldig dat hulle die duidelike profesieë in die Skrif, wat Hom as die Messias aandui, ignoreer. God wil hê dat ons Sy leiding in gebed soek (JAK. 1:5). Hy gee ook vir ons die Gees se leiding (JOH. 14:26) en Sy Woord (PS. 119:105). Hy gee ons mentors en wyse leiers en die voorbeeld van Jesus Self.
Dit is wys om God vir duidelike leiding te vra, maar Hy mag dit nie altyd op ’n manier gee wat ons verwag nie. Die belangrikste van gebed is dalk om meer oor God se natuur te leer en ’n verhouding met Hom te ontwikkel.