Jacob Davis was ’n kleremaker met ’n probleem. Dit was die hoogtepunt van die goudstormloop in die Amerikaanse Weste, gedurende die 1800’s, en die mynwerkers se werksbroeke het nie gehou nie. Sy oplossing? Davis het na ’n plaaslike weefstof- maatskappy gegaan, wat deur Levi Strauss besit is, en tentlap gekoop, waaruit hy werksbroeke gemaak het – en die blou jeans is gebore. Vandag is denim jeans in ’n verskeidenheid van snitte
(insluitend Levi’s) een van die mees gewilde klere-items in die wêreld, en dit alles as gevolg van tentmateriaal wat ’n nuwe doel gegee is. Simon en sy vriende was vissers op die See van Galilea. Toe roep Jesus hulle om Hom te volg. Hy het vir hulle ’n nuwe doel gegee. Hulle sou nie meer hengel vir vis nie. Jesus het vir hulle gesê: “Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak” (MARK. 1:17). Met ’n nuwe doel vir hul lewens, is dié manne deur Jesus geleer en opgelei sodat, ná Sy hemelvaart, hulle deur God gebruik kon word om mense se harte met die boodskap van die kruis en die opstanding van Christus, aan te gryp. Vandag, volg ons in hul voetstappe namate ons die goeie nuus van Christus se liefde en verlossing verkondig. Mag ons lewens hierdie liefde, beide verklaar en toon, wat andere se lewens, doeleindes en hul ewige lot kan verander.