Vrywilligers van ’n plaaslike kerk het op ’n ysige aand kos aan mense in ’n lae-inkomste woonstel kompleks versprei. Een vrou wat die kos ontvang het, was oorstelp van vreugde. Sy het hulle haar leë kas gewys en vir hulle gesê, hulle was ’n antwoord op haar gebede. Toe die vrywilligers terugkeer na die kerk, het ’n vrou begin huil. “Toe ek ’n klein dogtertjie was,” het sy gesê, “was daardie dame my Sondagskoolonderwyseres. Sy is elke Sondag in die kerk. Ons het geen idee gehad dat sy honger ly nie!” Dit is duidelik dat hierdie mense vir hul medemens omgegee het en maniere gesoek om die laste van andere te dra, soos Paulus dit in Galasiërs 6:2 stel, “Dra mekaar se laste.” Tog, op een of ander manier was hulle nie bewus van hierdie vrou se behoeftes nie – iemand wat hulle elke Sondag gesien het – sy het nie haar behoeftes bekend gemaak nie. Dit kan ’n vriendelike herinnering vir ons almal wees om meer bewus te wees van diegene rondom ons en, soos Paulus sê ons moet “dus aan almal goed doen, veral aan ons medegelowiges” (GALASIËRS 6:10). Mense wat saam aanbid het die voorreg om mekaar te help sodat niemand, in die liggaam van Christus, sonder hulp hoef te gaan nie. Namate ons mekaar leer ken en vir mekaar omgee, sal ons miskien nooit hoef te sê: “Ons het geen idee gehad nie.”