“Het jy ’n paar goed wat ek vir jou kan was?” vra ek ’n besoeker by ons in Londen. Sy gesig verhelder en toe sy
dogter verbyloop sê hy, “kry jou vuil klere – Amy gaan ons wasgoed doen!” Ek het geglimlag toe ek besef my aanbod van ’n paar items het na ’n paar bondels vermeerder. Later, toe ek klere buite ophang het ’n vers van my oggend se Bybellees deur my gedagtes gegaan: “In nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself” (FIL. 2:3). Ek het Paulus se brief aan die mense van Filippi gelees, waarin hy hulle vermaan om waardig aan Christus se roeping, deur bediening en eensgesindheid, te leef. Hulle het vervolging in die gesig gestaar, maar Paulus wou hê hulle moes eensgesind wees. Hy het geweet dat hul eenheid, deur hul verbintenis met Christus en geopenbaar deur mekaar te dien, hulle in staat sal stel om in hul geloof sterk te staan. Ons mag daarop aanspraak maak dat ons andere, sonder eersug of verwaandheid, kan liefhê maar die ware toestand van ons harte is nie geopenbaar voordat ons liefde in aksie oorgaan nie. Alhoewel ek in die versoeking was om te mor, het ek geweet as ’n volgeling van Christus, was my opdrag om my liefde vir my vriende te betoon – met ’n rein hart. Mag ons maniere vind om ons familie, vriende en bure vir God se heerlikheid te dien.