T ydens ’n uitstappie in ’n nabygeleë park het ek en my kinders
’n paar loslopende honde teëgekom. Dit het gelyk asof die
eienaar van die honde onbewus was, dat sy hond besig was
om my seuntjie te intimideer. My seuntjie het probeer om die hond
te verjaag, maar die dier was net meer vasbeslote om hom te pla.
Uiteindelik was my seuntjie paniekbevange.
Hy het etlike meters verder weggehardloop,
maar die hond het hom bly
agtervolg. Die jaagtog het voortgeduur totdat
ek geskree het, “Hardloop na my toe!”
My seuntjie het omgespring en na my toe
gehardloop, daar het hy bedaar, en die
hond het uiteindelik besluit om elders
kwaad te gaan stook.
Daar is oomblikke in ons lewens dat God na ons roep en sê:
“Hardloop na My toe!” Iets hinderliks is op ons hakke. Hoe vinniger
en verder ons gaan, hoe nader agtervolg dit ons. Ons kan dit nie
afskud nie. Ons is te bang om om te draai en die moeilikheid op ons
eie te trotseer. Maar die werklikheid is dat ons nié op ons eie is nie.
God is altyd daar, gereed om ons te help en te troos. Al wat ons moet
doen, is om weg te draai van alles wat ons ontstel, en in Sy rigting te
beweeg. Sy Woord sê, “Die Naam van die Here is ’n sterk vesting; die
regverdige vind daar skuiling” (SPREUKE 18:10).