Ek het een môre wakker geword om my kamermaat, Carol, in ’n panieketoestand te vind. Haar seëlring was weg. Ons het oral gesoek. Die volgende oggend het ons selfs ’n stortwa deursoek.

Ek het ’n swart sak oopgeskeur. “Jy is so toegewyd om dit te kry!”

“Ek gaan nie ’n R2400 ring verloor nie!” het sy verklaar.

Carol se vasberadenheid het my herinner aan die gelykenis van Jesus oor die koninkryk van die hemel, wat is soos ’n “skat wat in ’n saailand onder die grond lê. Toe iemand dit kry, maak hy dit weer toe; en omdat hy baie in sy skik is, gaan verkoop hy alles wat hy het, en hy koop daardie land” (Matteus 13:44). Dit is lonend om moeite te doen vir sekere goedere.

Regdeur die Bybel belowe God dat die wat Hom soek, Hom sal vind. In Deuteronomium, verduidelik Hy aan die Israeliete dat hulle Hom sal kry as hulle van hulle sondige weë draai en Hom heelhartig soek (4:29). In 2 Kronieke, was koning Asa bemoedig deur so ’n belofte (15:2). En in Jeremia,het God dieselfde belofte aan die bannelinge gemaak, en hulle belowe dat Hy hulle sou terugbring (29:13–14).

As ons na God soek deur ons lewe, Sy Woord, en in aanbidding, sal ons Hom kry. Algaande sal ons Hom op ’n dieper vlak ken. Dit sal nog beter wees as daardie soete oomblik toe Carol haar ring uit die vuilgoedsak uitgehaal het!