Ek en my kinders het ’n nuwe daaglikse gebruik ingestel. Net voor slaaptyd het ons ’n kers aangesteek en ons skryfgoed gekry. Ons het God gevra om ons pad te verlig, en in ons dagboeke antwoorde op twee vrae geskryf of geteken: Wanneer het ek liefde betoon vandag? En Wanneer het ek liefde weerhou vandag?

Om jou naaste lief te hê was deel van die Christelike leefwyse “van die begin af” (2 Johannes 1:5). Dit is wat Johannes in sy tweede brief aan sy gemeente skryf, en vra dat hulle mekaar moet liefhê in gehoorsaamheid aan God (2 Johannes 1:5–6). Liefde is deurgaans een van sy gunsteling onderwerpe. Hy sê om ware liefde uit te leef, is een manier om te weet “dat ons aan die ware God behoort”, dat ons ons gewete voor Hom tot rus bring (1 Johannes 3:18–19). As ek en my kinders nabetragring hou, vind ons dat ons lewens vorm kry in gewone dinge: om ’n sambreel te deel, iemand te bemoedig wat hartseer is, of ’n gunsteling dis voor te berei. Die tye wat ons liefde weerhou, is net so prakties: ons skinder, wil nie deel nie, is selfsugtig.

Om elke aand daaraan aandag te gee, help ons om elke dag meer bewus te wees, meer ingestel wat die Gees aan ons wil wys terwyl ons deur die lewe gaan. Met die Gees se hulp, leer ons om in liefde te stap (2 Johannes 1:6).