Ek en’n span bied ’n gemeenskapsgeleentheid aan. Ons werk elf maande aan die baie detail om sukses te verseker. Ons kies die datum en plek, bepaal die kaartjiepryse. Ons kies alles van kosverkopers tot klanktegnici. Nader aan die tyd, beantwoord ons vrae en gee aanwysings. Na die tyd kry ons terugvoer. Party goed. Ander moeilik om aan te hoor. Ons ervaar geesdrif van die gaste en hanteer klagtes. Negatiewe terugvoer kan ontmoedigend wees en laat ons soms voel om op te gee.

Nehemia het ook kritiek ervaar toe hy ’n span gelei het om Jerusalem se muur te herbou. Hulle is gekoggel “Daardie klipmuur van hulle sal omval as ’n jakkals daarteen spring!” (Nehemia 4:3). Sy reaksie help my, om my eie kritiek te hanteer: instede van mismoedig te voel of hulle aantygings te weerlê, het hy na God gedraai. Instede van te verdedig, het hy God gevra om te luister hoe Sy volk behandel word en om hulle te verdedig (vs. 4). Na hy die besware aan God gegee het, het hy en sy span onverpoosd gewerk: “Die mense se hart was in die werk” (vs. 6).

Ons kan van Nehemia leer om nie verwar te word deur kritiek nie. In plaas van te reageer uit seerkry of woede wanneer ons gekritiseer of gespot word, kan ons God vra om ons te beskerm teen intimidasie sodat ons heelhartig kan aangaan met ons werk.