’n Vrou het eenkeer aan my vertel hoedat sy, sonder om te dink, die TV se afstandbeheer gegryp en die kanaal verander het terwyl haar jong seun gekyk het na die nuusdekking van ’n gewelddadige gebeurlikheid. “Dit is nie nodig dat jy na daardie goed kyk nie,” het sy redelik kortaf gesê. Daar het ’n argument ontstaan en sy het tot die besef gekom dat haar seun eerder sy denke moet vul met “alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is …” (Fil. 4:8). Na aandete was sy en haar man besig om na die nuus te kyk toe haar vyfjarige dogter skielik by die vertrek inbars en die televisiestel afskakel. “Dit is nie nodig dat julle na daardie goed kyk nie,” het sy in haar beste “ma-stem” gesê. “Toe, dink nou aan daardie Bybelgoed!”

As volwassenes kan ons nuusgebeure beter absorbeer en verwerk as ons kinders. Tog was haar dogter baie amusant en wys toe sy haar moeder se vroeëre instruksies herhaal. Selfs volwassenes kan deur ’n egalige vloei van slegte nuus beïnvloed word. Deur Paulus se voorstelle soos gelys in Filippense 4:8 te oordink, sal ons vind dat dit ’n kragtige teenmiddel bied teen die swaarmoedigheid wat ons soms oorval as ons na wêreldgebeure kyk.

Deur versigtig besluite te neem oor dit wat ons denke vul, is ’n uitstekende manier om God te eer en oor ons harte die wag te hou.