Ruby Bridges het in 1960 groot opslae gemaak toe sy, te midde van hewige protes, die eerste Afrika-Amerikaanse kind was wat by ’n blanke laerskool in die suide van Amerika ingeskakel het. Sy moes maande lank elke dag onder polisie begeleiding verkeer en alleen in haar klas saam met Barbara Henry, die enigste onderwyseres wat gewillig was om haar te onderrig, deurbring.

Robert Coles, ’n sielkundige, het Ruby etlike maande lank behandel. Hy was verstom oor die gebed wat Ruby elke dag gebid het op pad skooltoe: “Asseblief o God, vergeef hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie” (Luk. 23:34).

Hierdie woorde wat Jesus vanaf die kruis gebid het, was sterker as die haat en beledigings wat Hom toegesnou is. In die mees smartlike ure van Sy lewe het ons Here die radikale reaksie wat Hy Sy volgelinge geleer het, demonstreer: “Julle moet julle vyande liefhê; doen goed aan die mense deur wie julle gehaat word; seën die mense deur wie julle vervloek word; bid vir die mense deur wie julle sleg behandel word … Wees barmhartig soos julle Vader barmhartig is” (Luk. 6:27-28, 36).

Hierdie merkwaardige benadering is slegs moontlik as ons dink aan die kragtige liefde wat Jesus aan ons gegee het – ’n liefde sterker as selfs die diepste haat.

Ruby Bridges het gehelp om aan ons die weg te wys.