“Nee! Nee! NEE” het ek geskree, maar dit het niks gehelp nie. My briljante oplossing vir ’n verstopte probleem het presies die teenoorgestelde opgelewer. Ek het geweet ek het fouteer toe ek die hefboom afdruk en hulpeloos toekyk hoedat die water oor die rand mors.

Hoeveel keer het ons kinders hulle nie al misgis as hulle melk in ’n koppie wou gooi en die helfte van die melk dan op die tafel beland nie. Of miskien het ons al vergeet hoedat ’n bottel gaskoeldrank in ’n motor se kattebak kan rondrol … met ontplofbare gevolge.

Om te mors is nooit goed nie. Daar kan moontlik een uitsondering wees. Paulus spreek die wens uit dat God sy kinders met alle “vreugde en vrede [sal] vervul,” as’t ware tot oorlopenstoe vol, sodat hulle hoop al hoe sterker kan word (Romeine 15:13). Paulus wil dus graag sien dat elkeen, as gevolg van God se kragtige teenwoordigheid, geheel en al gevul sal wees met blydskap, vrede en geloof, soveel so dat ons nie anders kan nie as om ons vertroue in ons Hemelse Vader uit te straal en daarvan te getuig. Dit kan wees tydens die pragtige sonnige seisoene van die lewe, of wanneer die spreekwoordelike bitter beker van die lewe aan ons voorgehou word. In beide gevalle is dit wat “oor die rand mors” lewegewende hoop aan hulle wat daardeur “deurweek” word.