Gedurende Heilige Week bepeins ons die laaste dae voor Jesus se kruisiging. Die pad wat Jesus gestap het deur die strate van Jerusalem, is vandag bekend as die Via Dolorosa, die pad van smarte.

Die skrywer van die boek Hebreërs, beskou egter die pad wat Jesus gestap het as meer as net ’n pad van smarte. Die pad van lyding wat Jesus gewilliglik gestap het na Golgota maak “… ’n weg wat nuut is en na die lewe lei” vir ons, tot in die teenwoordigheid van God (Hebreërs10:20).

Eeuelank het die Joodse volk verskeie maniere gesoek om in die teenwoordigheid van God te verskyn, met diereoffers en deur die wet te onderhou. Maar die wet was “slegs ’n skadubeeld van die weldade wat sou kom,” “omdat die bloed van bulle en bokke onmoontlik die sondes kan wegneem” (vv. 1, 4).

Jesus se pad met die Via Dolorosa langs, het tot Sy dood en opstanding gelei. Deur Sy offer word ons vir Hom afgesonder, as ons in Hom glo vir die vergiffenis van ons sonde. Hoewel ons geensins die wet volkome kan onderhou nie, kan ons tot God nader sonder vrees, met ’n opregte hart en volle geloofsekerheid (vv. 10, 22).

Christus se weg van smarte het vir ons ’n nuwe en lewende weg na God geopen.