My pogings om dinge reg te maak lei gewoonlik tot die betaling van iemand om die skade ongedaan te maak. Ek het egter onlangs ’n toestel suksesvol reggemaak deur na ’n video op You Tube te kyk, waar iemand stap vir stap demonstreer hoe om dit te doen.

Paulus was ’n kragtige voorbeeld vir die jong Timoteus wat saam met hom gereis het en hom in aksie gesien het. Uit die tronk in Rome skryf Paulus: “… jy het my nagevolg in leer, lewenswandel en lewensdoel, in geloof, geduld, liefde en volharding, in vervolging en ontbering” (2 Timoteus 3:10-11). Daarby moedig hy Timoteus aan om te “bly by wat jy geleer het en wat jy vas glo. Jy weet tog wie jou leermeesters was en jy ken van kleins af die heilige Skrif” (vv. 14-15).

Paulus het die noodsaaklikheid gedemonstreer om ons lewe te bou op die vaste rots van God se Woord. Hy herinner Timoteus dat die Bybel die kragtige, Godgegewe bron is, wat ons nodig het om te onderrig en aan ander, wat navolgers van Christus wil wees, te demonstreer.

Terwyl ons die Here dank vir die mense wat ons in die geloof help groei het, word ons uitgedaag om hulle voorbeeld te volg om die waarheid uit te leef, terwyl ons ander leer en bemoedig.

Dit is die krag van demonstrasie.