Een van die voordele van selfone is dat ons nou bykans onbeperkte toegang tot ander het. Baie mense praat egter nou op die foon of stuur boodskappe terwyl hulle bestuur – wat tot ernstige ongelukke kan lei. As voorsorgmaatreël, het verskeie plekke in die wêreld selfone se hantering deur bestuurders onwettig verklaar. In die VSA is spesiale selfoonsones waar bestuurders veilig kan aftrek en na hartelus kan gesels.

Terwyl dit goed is om selfoongebruik te beperk, is daar ’n ander soort kommunikasie waarop geen beperking is nie: gebed. God nooi ons om enige tyd met Hom te praat. In die Nuwe Testament raai Paulus se woorde almal aan wat met God wil kommunikeer, om gedurig te bid (1 Tess 5:17). Paulus volg hierdie goddelike oopdeur benadering, deur ons aan te moedig om altyd bly te wees (vs. 16) en “Wees in alle omstandighede dankbaar” (vs. 18). God roep ons tot vreugde en dank – uitdrukkings van geloof in God deur Christus en geanker in deurlopende gebed.

God is daar vir ons haastige roep of uitgerekte gesprek. Hy verwelkom ons in ’n verhouding met Hom, ’n konstante en eindelose deel van ons vreugde en dankbaarheid, behoeftes, vrae en kommer (Hebreërs 4:15-16). Ons is altyd in die gebedsone.