Die Brooklyn Tabernakelkoor bekoor skares dekades lank al met hul sielsopheffende gospelliedere. ’n Voorbeeld hiervan is gebaseer op Psalm 121: “My Hulp.”

Psalm 121 begin met ’n persoonlike belydenis van geloof in die Here wat alles geskep het en die psalmis se bron van hulp was. Dit sluit stabiliteit in, 24/7-versorging, blywende teenwoordigheid, beskerming, en teenswoordige asook ewige bewaring van alle boosheid (vv. 1-6).

God se volk het, aan die hand van die Skrif, Hom nog altyd deur hul liedere as hul “hulp” erken. Ek het al self tydens persoonlike aanbidding saam met ander dié sielvolle weergawe van Charles Wesley gesing: “Vader, ek strek my hande uit na U, ek ken geen ander hulp nie. As U Uself van my onttrek, waarheen sal ek my wend?” Die groot hervormer Maarten Luther was heeltemal reg toe hy geskryf het: “’n Vaste burg is onse God, sy volk se veil’ge hoede; sy albestuur waak oor ons lot, Hy stuit die vyandswoede.”

Voel jy alleen, verlate, uitgelewer, verward? Kyk na Psalm 121. Laat die woorde jou binneste met geloof en moed vul. Jy is nie alleen nie, moet dus nie alleen probeer regkom nie. Verbly jou in die aardse en ewige sorg van God soos dit Hy dit gedemonstreer het deur die lewe, dood, opstanding en hemelvaart van die Here Jesus Christus. Gee elke tree met Sy hulp.