Terwyl die Star Wars-aanhangers gretig wag op die vrystelling van Episode 8, “The Last Jedi”, is die mense steeds besig om die merkwaardige sukses van hierdie rolprente, vanaf 1977, te ontleed. Frank Palotta, verslaggewer vir CNNMoney, meen dat Star Wars aanklank vind by baie wat uitsien na “’n nuwe hoop en ’n goeie mag op ’n tydstip wat die wêreld helde nodig het.”

Teen die tyd van Jesus se geboorte was die mense van Israel onderdruk en het uitgesien na die lankbeloofde Messias. Baie het ’n held verwag wat hulle van die Romeinse tirannie kon verlos. Maar Jesus het nie as ’n politieke of militêre held gekom nie. Hy het as ’n baba na Betlehem gekom. Gevolglik het baie nie geweet wie Hy was nie. Die apostel Johannes skryf: “Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het die wêreld Hom nie erken nie.” (Joh. 1:11)

Jesus is méér as ’n held – Hy is ons Verlosser. Hy was gebore om God se lig in die duisternis te bring en Sy lewe te gee sodat elkeen wat Hom ontvang, vergewe en vrygemaak kan word van die mag van sonde. Johannes noem Hom: “die enigste Seun van die Vader, vol genade en waarheid.” (vs. 14)

“Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.” (vs. 12). Inderdaad, Jesus is die die enkele ware hoop wat die wêreld nodig het.