Die Apollo 8 ruimtevaarder Bill Anders en sy bemanning, was maar baie teleurgesteld toe hulle die maanlandskap in 1968 sien en het dit as spookagtig, bar en onaantreklik beskryf. Maar toe maak die manne beurte om Genesis 1:1-10 voor te lees terwyl die wêreld toekyk. Nadat kommandeur Frank Borman vers 10 “En God het gesien dit is goed” gelees het, het hy afgesluit met “God seën julle almal, julle almal op die goeie Aarde.”

Die eerste hoofstuk in die Bybel benadruk twee feite:

Die skepping is God se werk. Die aanhaling en God het gesê …” onderstreep die ritme van die hoofstuk. Die hele manjifieke aarde waarop ons leef is die produk van Sy skeppende werk. Alles wat daarna volg beklemtoon die boodskap van Genesis: God is die oorsprong van alle geskiedenis.

Die skepping is goed. ’n Ander sinnetjie beier saggeis soos ’n klok dwarsdeur die hoofstuk : “en God het gesien dit is goed.” Baie het egter verander vanaf daardie eerste oomblik van die skepping. Genesis 1 beskryf die wêreld soos wat God dit bedoel het voor die bederf. Dit wat ons vandag in die natuur bewonder, is maar ’n deeltjie van God se oorspronklike skepping.

Die ruimtevaarders van Apollo 8 het die Aarde as ’n alleenhangende, helder, kleurvolle bal gesien; pragtig groot en broos . Dit het gelyk soos die uitsig vanaf Genesis!