Soos wat die teaterligte verdof en ons ons voorberei het om na Apollo 13 te kyk, het my vriend gefluister: “Foeitog, hulle het almal gesterf”. Ek het met afwagting na die fliek van die 1970 ruimtevaart gekyk, wetende dat dit op ’n tragiese einde afstuur, net om later te besef dat ek vergeet het hoe die ware verhaal geëindig het – dat alhoewel die ruimtevaarders met menige ontberinge te doen gekry het, hulle tog veilig teruggekeer het na die aarde.
In Christus ken ons die einde van die storie – dat ons ook lewend sal tuis kom. Daarmee bedoel ek dat ons, soos dit in Openbaring staan, vir altyd by ons hemelse Vader sal wees. God sal ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde skep en alles nuut maak (21:1,5). In die nuwe stad sal die Here God Sy mense verwelkom en nooi om vir altyd, sonder enige vrees en sonder dat dit ooit nag sal wees, by Hom te wees. Ons het werklik hoop omdat ons die einde van die storie ken.
Maar watter verskil maak dit? Dit kan tye van erge moeisaamheid en swaarkry, soos wanneer ons ’n geliefde of selfs ons eie lewe verloor, totaal verander. Al deins ons self terug aan die gedagte van die dood, kan ons steeds die belofte van die ewige lewe omhels. Ons verlang na die stad waar daar nooit weer enige swaarkry sal wees nie en waar ons vir altyd in God se lig sal lewe (22:5).