Tydens die begrafnisdiens van ’n oorlogsveteraan het die pastor hardop gewonder waar die oorledene hom bevind. Toe begin hy, in plaas daarvan om die mense te lei om God te leer ken, spekuleer oor dinge wat nie in die Bybel voorkom nie. Waar is die hoop? het ek gewonder.
Uiteindelik het hy die slotgesang aangegee. Toe ons opstaan om How Great Thou Art  te sing, het die mense God uit die diepte van hul hart begin loof. Binne oomblikke het die atmosfeer in die hele vertrek verander. Skielik en tot my verrassing het my emosies my stem in die middel van die derde vers oorweldig:
And when I think, that God, His Son not sparing,
Sent Him to die, I scarce can take it in;
That on the Cross, my burden gladly bearing,
He bled and died to take away my sin.
Voordat ons daardie grootse loflied gesing het, het ek gewonder of God by die begrafnis was. Inderwaarheid vertrek Hy nooit nie. Die boek Esther beaam dit. Die Jode was in ballingskap en magtige mense wou hulle uitroei. Toe uitkomkans onmoontlik gelyk het, het ’n God-lose koning aan die verknegte Israeliete die reg gegee om hulself te verdedig teen dié wat hul ondergang beplan het (Ester 8:11-13). ’n Suksesvolle verdediging en feesvieringe het daarop gevolg (9:17-19).
Ons behoort nie verras te wees wanneer ons God in die woorde van ’n gesang by ’n begrafnis ontmoet nie. Hy het immers ’n beplande volksmoord in feesvieringe verander en ’n kruisiging in opstanding en redding!