“Ons het oor die afgelope vyf jaar meer inligting geskep as in die mens se geskiedenis tot dusver, en daar is geen einde daaraan nie” (Daniel Levitin, skrywer van The organized mind: Thinking straight in the age of information overload). “In sekere sin raak ons verslaaf aan die hiperstimulasie.” Die voortdurende aanslag van nuus en kennis kan ons denke oorheers. Te midde van die hedendaagse bombardement van die media raak dit vir ons al hoe moeiliker om tyd in te ruim om stil te word, te dink en te bid.

Psalm 46:11 se woorde: “Bedaar en erken dat Ek God is,” herinner ons hoe belangrik dit is om tyd opsy te sit om op die Here te fokus. Baie mense vind dat ’n “stiltetyd” ’n noodsaaklike deel van elke dag uitmaak – ’n tyd om Bybel te lees, te bid en oor die goedheid en grootheid van God na te dink.

Wanneer ons, soos die skrywer van Psalm 46, die realiteit beleef dat “God vir ons ’n toevlug en ’n beskerming (is)” en dat Hy “nog altyd bereid (was) om te help in nood” (vv. 1-2), verdryf dit ons vrese, rig dit ons fokus weg van die wêreld se ontsetting na God se vrede, en kweek dit ’n stille vertroue dat ons God in beheer is (v. 10). Â

Dit maak nie saak hoe chaoties die wêreld om ons raak nie, ons kan stilte en krag in ons hemelse Vader se liefde en mag vind.