Ek het die voorreg gehad om my ma te versorg gedurende haar behandeling by die kankerversorgingsentrum waar sy ingewoon het. Selfs op haar moeilikste dae het sy haar Bybel gelees en vir ander gebid voordat sy opgestaan het.

Sy het daagliks tyd met Jesus gespandeer en haar geloof betoon deur haar afhanklikheid van God, haar goeie dade en haar begeerte om ander te bemoedig en vir hulle te bid. Heeltemal onbewus van hoe haar vriendelike gesig die liefdevolle genade van die Here uitgestraal het, het Sy vir ander, tot op die dag wat Hy haar huis toe geneem het, van God se liefde vertel.

Nadat Moses veertig dae en veertig nagte by God was (Eks. 34:28), het hy van Sinaiberg af gegaan. Hy het nie geweet dat sy intieme omgang met God sy voorkoms verander het nie (v. 29). Die Israeliete kon egter sien dat Moses met God gepraat het (vv. 30-32). Hy het God keer op keer ontmoet en die mense om hom se lewens bly beïnvloed (vv. 33-35).

Ons sien dalk nie hoe ons belewening van God ons algaande verander nie, en die verandering sal vir seker nie so fisiek herkenbaar wees soos Moses se blink gesig nie. Tog sal ons, wanneer ons tyd by God deurbring en ons lewe aan Hom toewy, Sy liefde weerspieël. Hy kan mense na Hom toe aantrek wanneer die bewys van Sy teenwoordigheid in en deur ons skyn.