Die eerste Meestersgholftoernooi van die VSA het in 1934 plaasgevind, en sedertdien kon slegs drie spelers dit twee jaar daaropvolgend wen. Op 10 April 2016 het dit gelyk asof die 22-jarige Jordan Spieth die vierde speler sou word. Hy het egter op die laaste nege putjies gewankel, gelykop gespeel en die tweede plek verower. Ten spyte van sy teleurstelling het Spieth die kampioen van die toernooi, Danny Willett, welwillend gelukgewens met sy oorwinning asook met die geboorte van sy eerste kind – iets wat “baie belangriker is as gholf.”

Karen Krouse het in ’n rubriek in The New York Times geskryf en gesê: “Dit kos erkentlikheid om die groter prentjie te sien pas nadat jy deur die oorhandigingseremonie gesit het en sien het hoe iemand anders se foto geneem word. Spieth was die hele week van koers af, maar sy karakter het behoue gebly.”

Paulus het by Jesus se volgelinge in Kolosse aangedring: “Tree met wysheid op teenoor mense wat nog buite die gemeente is. Maak die beste gebruik van elke geleentheid. Wat julle sê, moet altyd vriendelik wees en van goeie smaak getuig; en julle moet weet hoe julle elkeen behoort te antwoord” (Kol. 4:5-6).

As mense wat God se genade gratis ontvang het, is dit ons voorreg en roeping om dit in elke lewensituasie uit te lewe – wanneer ons wen, of verloor.